Die effek van musiek op kinderontwikkeling

Vandag gaan ons kyk na die effek van musiek op kinderontwikkeling.  Dit is belangrik vir Grondslagfase onderwysers om seker te wees van die effek wat dit op hulle leerders het en ook hoe om dit op die regte manier in die klas toe te pas en te gebruik.
Wanneer kinders na musiek luister, word hulle alfa golwe in die brein gestimuleer en dit laat hulle rustig voel.  Wanneer hulle aktiwiteite in die klas doen wat musiek behels voel hulle opgewonde en wil graag deel wees van die aktiwiteit.


In die klas kan die volgende gebruik word om musiek in 'n kind se lewe te inkorporeer:

Instrumente soos "Maracas"
Dans en die beweeg van hulle lyfies op die ritme van die musiek

Die leerders kan hul eie musiekinstrumente maak



Daar is 'n paar voordele verbonde aan vroeë musieklesse in jongmense se lewe:
1. Dit bou 'n ontspanende omgewing vir die jongmens en is baie stimulerind.
2. Versnel breinontwikkeling, veral in die area van taalleer en leesvaardighede.
3. Vroeë musieklesse bring 'n lied in jongmense se harte.
4. Help leerders om met ander te sosialiseer.
5. Help die leerders om disipline te handhaaf.
6. Verbeter die leerder se geheue.

No comments:

Post a Comment