Music is an outburst of the soul. - Frederick Delius

Wel...wanneer jy in 'n klas instap en die dosent deel vir jou 'n pyp uit met die naam "Boomwhacker" is dit nogal moeilik om te verstaan wat gaan gebeur??

En dit is wat op 23 Julie 2018 gebeur het toe ons in nog 'n opwindende LSKM 211-klas ingestap het.
Hierdie klas was SO lekker...Die dosent het vir ons "Boomwhackers" uitgedeel met verskillende letters op.
Sy het toe aan ons verduidelik dat elke letter 'n verskillende klank maak. Daarna het sy vir ons 'n liedjie gespeel waar die verskillende groepe moet slaan met die boomwhackers en so het ons 'n liedjie gemaak.

Hierdie aktiwiteit was so opwindend en almal het dit baie geniet.
Ons het ook geleer van Kuns integrasie en wat dit beteken.

KUNSTE INTEGRASIE:
Integreer verskillende kunste met mekaar en integreer verskillende vakke met kuns.
Dit is ook die aanleer van 'n begrip of konsep deur middle van kuns en dit vloei natuurlik in mekaar in.

Daar bestaan ook verskillende Maniere van integrasie:
1.  Sosiale ontwikkeling
2.  Kognitiewe ontwikkeling
3.  Persoonlike ontwikkeling
4.  Emosionele ontwikkeling
5.  Fisiese ontwikkeling

Ons is gevra om in groepe te werk en 'n vak te kies wat geintegreer kan word met musiek, ons moet dan in die volgende LSKM 211-klas 'n aktiwiteit uitvoer aan die klas waarin ons hierdie integrasie verduidelik.

Hou my blog dop om die opwindendheid in volgende week se klas te sien!!!x

No comments:

Post a Comment