Die ondervinding en respons op musiek in die Grondslagfase.

Dit is van uiterse belang dat onderwysers die nodige kennis inneem oor watter respons die inname van musiek op 'n jong ouderdom op 'n kind het.  Hierdie post is gebasseer op Studie eenheid 2 wat ons in LSKM 221.

Liggaamsperkussie:
Dit is musiek wat jy enigeplek en met enigeiets kan maak.  Dit is veral opwindend in die grondslagfase aangesien dit die leerders vaardig maak om self te dink en musiek met objekte te integreer.


"Cup rhythms" is 'n baie goeie voorbeeld van liggaamsperkussie



Nog 'n voorbeeld van 'n lekker aktiwiteit om met leerders te speel is die "Boom Clap Snap" speletjie.

Hierdie aktiwiteit het ons al 'n paar keer tydens klas gedoen en dit was baie stresvol aan die begin, maar na 'n ruk raak mens baie vinnig gewoond aan die ritme en die bewegings.  Wanneer al die studente begin om die ritme en bewegings te verstaan en by te hou, kom daar besonderse klanke uit en kan mens presies hoor watter liedjie uitgeoefen word.



Hoekom gebruik ons liggaamsperkussie in die grondslagfase?
  • Liggaamsperkussie help met kreatiewe uitdrukkings deur jong leerders.
  • Kan nie net in 'n groep gedoen word nie maar ook individueel.
  • Dit kan met enigeiets gemaak of gedoen word.
  • Dit is nie duursaam nie.


Ek glo dat liggaamsperkussie 'n baie belangrike aspek is in 'n jong leerder se lewe is, omdat daar soveel leerders is met musikale talente, maar nie altyd die nodige fondse om musieklesse by te woon en instrumente te koop nie.  Dus kan leerders 'n leefstyl maak van liggaamsperkussie.



No comments:

Post a Comment