Hey guys!!!
Okay so, ek het op 16 Julie 2018 my eerste LSKM 211-klas bygewoon wat ook die rede is vir hierdie blog.
Dit was vir my 'n groot uitdaging om 'n blog te begin aangesien ek nog nooit so iets gedoen het nie. Maar ek het dit gelukkig vandag uiteindelik reggekry!
Potchefstroom is weer vol studente om die eerste dag van klas aan te pak, dit gaan maar swaar, maar ons is gereed vir ons 8uur klas wat LSKM is.
Wanneer ons by die klas opdaag het niemand eintlik geweet wat om te verwag nie, omdat ons vir die eerste keer MUSIEK het as 'n vak!!
Wel….dinge het vining vining verander toe daar 'n sprankelinde persoon met ons begin praat en ons dadelik gemaklik laat voel en ook laat uitsien vir die onbekende, en dit is toe ek agterkom dat dit ons dosent is.
Nou ons almal weet dat wanner jy dink aan musiek luister, klink dit soos iets wat almal kan geniet...maar WAG!! wat as jy nou self 'n musiek instrument moet aanpak? Wel gelukkig het ek Klavier en Guitar-lesse gehad vanaf graad 2 tot graad 5, maar om te onthou hoe om dit te doen is maar effens van 'n blur.
In hierdie onbekende maar nou opwindende klas, het ons 'n aktiwiteit gedoen wat behels dat ons ritme skep met ons voete en dan op deselfde tyd met ons hande 'n ander ritme skep, dit het my SO deurmekaar gehad! maar gelukkig begin mens na 'n rukkie "the hang of it" kry.
Deur hierdie oefening het die dosent bewusteloos vaardighede soos ritme, luister vaardighede, die proses om te focus en ook liggaamlike ontwikkeling beoefen en na 'n rukkie sal dit ook meer ontwikkel.
Al wat ek kan sĂȘ is....Dit was 'n leersame klas en DIT WAS FUN!!!!
No comments:
Post a Comment