Studie eenheid 5
Beplan 'n musiek les!
Toe ons LSKM-dosent vir ons sê dat ons 'n lesplan vir musiek moet uitwerk het my moed sommer dadelik gesak! Wat 'n lang periode wat gaan voorlê…
Vinnig het ek agter gekom dat dit gladnie so groot werk is soos wat ek gedink het nie. Die dosent het ons dadelik laat verstaan dat dit nie altyd nodig is om 'n ure-lange les aan te bied of uit te werk nie, maar dat dit slegs die belangrikste aspekte moet bevat en aan die doelwitte moet voorsien.
Ons kortlikse lesplan:
Ons het begin deur die tema GEVOELENS te kies.
Inleiding:
Almal stap in die musiekklas in en die onderwyser sal die leerders na die mat in die klaskamer verwys. Die onderwyser sal vir die leerders 'n liedjie speel waar die leerders dan moet antwoord hoe die liedjie hulle laat voel bv. gelukkig, hartseer, opgewonde ens.
Daarna sal die onderwyser die liedjie "Guessing the feelings (Inside Out)" van Laia Garcia gebruik.
Afsluiting:
- Sing die liedjie: If you're happy and you know it clap you're hands.
- Deel die leerders in groepe waar elke groep 'n spesifieke emosie kry om mee te werk bv. geluk, hantseer, skok ens.
- In hulle groepe moet die leerders dan op enige manier bv. rolspel, sing, dans ens. hierdie gegewe emosie uitbeeld.
- Hierdie aktiwiteit tel ook dan as 'n toets om te sien of die leerders die werk verstaan.
Dit is baie belangrik dat leerders in die Grondslagfase hulle eie, asook hulle mede-leerders se emosies en gevoelens verstaan sodat hulle goed kan saamwerk en mekaar help!
No comments:
Post a Comment