Die belangrikheid van speel op 'n vroeë stadium in 'n kind se lewe
Studie eenheid 3
Kinders leer die maklikste in 'n omgewing waar hulle vrygelaat word om te eksperimenteer!
Kinders gebruik fyn, asook growwe motorise vaardighede wanneer hulle speletjies speel of met voorwerpe soos "building blocks"speel.
Hoekom is dit belangrik?
- Hulle ontwikkel vaardighede wat deur die res van hulle lewe sal bly.
- Wanneer hulle speel ontwikkel hulle vaardighede wat hulle kompeterend maak aangesien hulle meeste van die tyd eerste klaar wil wees of wil wen.
- Hulle begin uithouvermoë ontwikkel.
- Hulle leer aan om met hulle hande te werk.
Op 'n jong stadium tel speel as die leerder se werk en hulle sal dan ook baie moeite doen om die speletjies te speel en te verstaan. Hulle leer lesse uit die speletjies uit bv. in die Kleuterskool maak hulle dalk somme met boublokkies inplaas van geskrewe nommers.
Daar is 3 maniere waarom speel belangrik is in 'n jongmens se lewe:
- Om sosiale vaardighede te ontwikkel
Wanneer die leerders speel, maak hulle nuwe maatjies en help mekaar, dus sal hulle later nie meer skaam wees om te komminukeer nie.
- Om hulle verbeelding te verbeter
Wanneer hulle speletjies speel sal hulle kort-kort aan nuwe idees prober dink om die speletjie te wen of beter en lekkerder te maak.
- Verbetering van kreatiwiteit
Hulle kan dalk ook aan nuwe maniere en kreatiewe maniere begin dink om die speletjie te speel.
Speel is self-gesentreerd en kinders kies vanself om te speel. Aan die einde gaan hierdie speletjies wat gespeel word 'n groot invloed op die kind se lewe hê. Wanneer speletjies gespeel word, word daar sekere reels gevolg, dus leer die kinders ook om na reels te luister en nie net te doen wat hulle wil nie. Speletjies laat kinders toe om hulle verbeelding te gebruik en dit veroorsaak dat kinders aktief betrokke raak by die aktiwiteit.
Kinders moet toegelaat word om te speel, terwyl hulle nog wil!!
No comments:
Post a Comment