Studie eenheid 5

Beplan 'n musiek les!



Toe ons LSKM-dosent vir ons sê dat ons 'n lesplan vir musiek moet uitwerk het my moed sommer dadelik gesak! Wat 'n lang periode wat gaan voorlê…
Vinnig het ek agter gekom dat dit gladnie so groot werk is soos wat ek gedink het nie.  Die dosent het ons dadelik laat verstaan dat dit nie altyd nodig is om 'n ure-lange les aan te bied of uit te werk nie, maar dat dit slegs die belangrikste aspekte moet bevat en aan die doelwitte moet voorsien.


Ons kortlikse lesplan:
Ons het begin deur die tema GEVOELENS te kies.  

Inleiding:
Almal stap in die musiekklas in en die onderwyser sal die leerders na die mat in die klaskamer verwys.  Die onderwyser sal vir die leerders 'n liedjie speel waar die leerders dan moet antwoord hoe die liedjie hulle laat voel bv. gelukkig, hartseer, opgewonde ens.
Daarna sal die onderwyser die liedjie "Guessing the feelings (Inside Out)" van Laia Garcia gebruik.



Afsluiting:
  • Sing die liedjie: If you're happy and you know it clap you're hands.
  • Deel die leerders in groepe waar elke groep 'n spesifieke emosie kry om mee te werk bv. geluk, hantseer, skok ens.
  • In hulle groepe moet die leerders dan op enige manier bv. rolspel, sing, dans ens. hierdie gegewe emosie uitbeeld.
  • Hierdie aktiwiteit tel ook dan as 'n toets om te sien of die leerders die werk verstaan.



 Dit is baie belangrik dat leerders in die Grondslagfase hulle eie, asook hulle mede-leerders se emosies en gevoelens verstaan sodat hulle goed kan saamwerk en mekaar help!
Die belangrikheid van speel op 'n vroeë stadium in 'n kind se lewe

Studie eenheid 3

Kinders leer die maklikste in 'n omgewing waar hulle vrygelaat word om te eksperimenteer!


Kinders gebruik fyn, asook growwe motorise vaardighede wanneer hulle speletjies speel of met voorwerpe soos "building blocks"speel.

Hoekom is dit belangrik?
  • Hulle ontwikkel vaardighede wat deur die res van hulle lewe sal bly.
  • Wanneer hulle speel ontwikkel hulle vaardighede wat hulle kompeterend maak aangesien hulle meeste van die tyd eerste klaar wil wees of wil wen.
  • Hulle begin uithouvermoë ontwikkel.
  • Hulle leer aan om met hulle hande te werk.

Op 'n jong stadium tel speel as die leerder se werk en hulle sal dan ook baie moeite doen om die speletjies te speel en te verstaan.  Hulle leer lesse uit die speletjies uit bv. in die Kleuterskool maak hulle dalk somme met boublokkies inplaas van geskrewe nommers.


Daar is 3 maniere waarom speel belangrik is in 'n jongmens se lewe:

  • Om sosiale vaardighede te ontwikkel
Wanneer die leerders speel, maak hulle nuwe maatjies en help mekaar, dus sal hulle later nie meer skaam wees om te komminukeer nie.

  • Om hulle verbeelding te verbeter
Wanneer hulle speletjies speel sal hulle kort-kort aan nuwe idees prober dink om die speletjie te wen of beter en lekkerder te maak.
  • Verbetering van kreatiwiteit
Hulle kan dalk ook aan nuwe maniere en kreatiewe maniere begin dink om die speletjie te speel.



Speel is self-gesentreerd en kinders kies vanself om te speel.  Aan die einde gaan hierdie speletjies wat gespeel word 'n groot invloed op die kind se lewe hê.  Wanneer speletjies gespeel word, word daar sekere reels gevolg, dus leer die kinders ook om na reels te luister en nie net te doen wat hulle wil nie.  Speletjies laat kinders toe om hulle verbeelding te gebruik en dit veroorsaak dat kinders aktief betrokke raak by die aktiwiteit.






Kinders moet toegelaat word om te speel, terwyl hulle nog wil!!