Leereenheid 4:

Kunsintegrasie in die Grondslagfase

Dit beteken om die Kuns-vak met 'n ander vak soos wiskunde of lewensvaardigheid te integreer.


In hierdie LSKM 221 klas moes ons in groepe werk om 'n aktiwiteit in die klas aan te bied waar ons 'n Musiek les integreer met 'n ander vak.
Ons het toe besluit om ons Musiek-les met lewensvaardigheid (My Liggaam) an te bied.  Ons het in 'n groep van 6 gewerk en het 'n handgemaakte pop met arms, bene ens.

Musiek integrasie:  Die liedjie "Head Shoulders Knees and Toes"
Lewensvaardigheid:  Die poppie met al die byskrifte (My Liggaam).


Ons het eers 'n paar vragies aan die leerders oor "My Liggaam" gevra en toe het ons vir hulle die liedjie "Head Shoulders Knees and Toes" gesing en dus moes hulle die tweede keer saam sing.
Die ondervinding en respons op musiek in die Grondslagfase.

Dit is van uiterse belang dat onderwysers die nodige kennis inneem oor watter respons die inname van musiek op 'n jong ouderdom op 'n kind het.  Hierdie post is gebasseer op Studie eenheid 2 wat ons in LSKM 221.

Liggaamsperkussie:
Dit is musiek wat jy enigeplek en met enigeiets kan maak.  Dit is veral opwindend in die grondslagfase aangesien dit die leerders vaardig maak om self te dink en musiek met objekte te integreer.


"Cup rhythms" is 'n baie goeie voorbeeld van liggaamsperkussie



Nog 'n voorbeeld van 'n lekker aktiwiteit om met leerders te speel is die "Boom Clap Snap" speletjie.

Hierdie aktiwiteit het ons al 'n paar keer tydens klas gedoen en dit was baie stresvol aan die begin, maar na 'n ruk raak mens baie vinnig gewoond aan die ritme en die bewegings.  Wanneer al die studente begin om die ritme en bewegings te verstaan en by te hou, kom daar besonderse klanke uit en kan mens presies hoor watter liedjie uitgeoefen word.



Hoekom gebruik ons liggaamsperkussie in die grondslagfase?
  • Liggaamsperkussie help met kreatiewe uitdrukkings deur jong leerders.
  • Kan nie net in 'n groep gedoen word nie maar ook individueel.
  • Dit kan met enigeiets gemaak of gedoen word.
  • Dit is nie duursaam nie.


Ek glo dat liggaamsperkussie 'n baie belangrike aspek is in 'n jong leerder se lewe is, omdat daar soveel leerders is met musikale talente, maar nie altyd die nodige fondse om musieklesse by te woon en instrumente te koop nie.  Dus kan leerders 'n leefstyl maak van liggaamsperkussie.



Die effek van musiek op kinderontwikkeling

Vandag gaan ons kyk na die effek van musiek op kinderontwikkeling.  Dit is belangrik vir Grondslagfase onderwysers om seker te wees van die effek wat dit op hulle leerders het en ook hoe om dit op die regte manier in die klas toe te pas en te gebruik.
Wanneer kinders na musiek luister, word hulle alfa golwe in die brein gestimuleer en dit laat hulle rustig voel.  Wanneer hulle aktiwiteite in die klas doen wat musiek behels voel hulle opgewonde en wil graag deel wees van die aktiwiteit.


In die klas kan die volgende gebruik word om musiek in 'n kind se lewe te inkorporeer:

Instrumente soos "Maracas"
Dans en die beweeg van hulle lyfies op die ritme van die musiek

Die leerders kan hul eie musiekinstrumente maak



Daar is 'n paar voordele verbonde aan vroeƫ musieklesse in jongmense se lewe:
1. Dit bou 'n ontspanende omgewing vir die jongmens en is baie stimulerind.
2. Versnel breinontwikkeling, veral in die area van taalleer en leesvaardighede.
3. Vroeƫ musieklesse bring 'n lied in jongmense se harte.
4. Help leerders om met ander te sosialiseer.
5. Help die leerders om disipline te handhaaf.
6. Verbeter die leerder se geheue.